top of page
Search

Untitled

Writer's picture: WendyWendy

DIE BRA STRÊP


Vroeg Februarie vanjaar het Ivor Price en die span van Wyrdfilms aan my voordeur kom klop. My opgewondenheidsmeter was naby die "empty" merk, want alles het verkeerd geloop. Februariemaand is gewoonlik hoogsomer op Beaufort-Wes. Die oggend van 6/2/20 is egter koeskoud met 'n buitentydse reëntjie. Bowenal was dit Load Shedding en sou die krag om 08h00 afslaan. "Hoe de hel gaan die kameraspan in die donkerte sien sonder die natuurlike lig van die son?"

Wyrdfilms het hul eie lig en warmte ingepak - skerp kameraligte en Melt, die kameraman wat my hart laat (s)Melt het met sy vriendelikheid!

Ivor se naam het nog immer herinner aan 'n Noorse kryger met 'n pelsjurk en 'n handbyltjie, maar hy's toe helaas'n lekker-om-te-druk-teddiebeer. Hy het my soos sy Karoo "aunty" laat voel. Ons kon selfs gesels oor sy ma se pampoenresep! Ek was op my gemak en bekommernis oor al die uiterlikes: hare, sproete, plooie en 'n swart mond van swart Wilsons kou, het soos mis voor die son verdwyn al het die grys dag se mis eers laatmiddag geskoert!

Hierdie televisie-inset span die kroon op al my jare in die teaterwêreld. "Geen profeet word in sy eie land erken nie" - dit weet ek! Danksy Ivor en ViaTV klop my hart egter warm na 25jaar van ligte, kamera en aksie en iemand daarbuite weet ook nou van my eendagboek wat hopelik die lig sal sien alvoor ek tè groot is!

Die kaftan wat ek aangehad het, het geen sakke nie en die klank outjie het nie geweet wat om met die koordlose miniatuur opnemer te maak nie. "Ag, knip die bedryf sommer vas aan my bra se strêp, het ek getroos."

Teen die einde van die dag het sy sagte hand reeds vyf keer aan my strêppie gevat en was ek genope om te vra: "Weet djou mamma waar jy vandag vat, huh?"

My slaap was soet na die uitputtende dag. Ek kon glimlag.


Alles waaraan Miste' Dinges gevat het, was nou wel 'n paar dekades oud, maar my bra - splinternuut, pappa!


@"Ivor en die verskilmakers"

@VIA TV

@Wyrdfilms




47 views2 comments

Recent Posts

See All

2 Comments


Santie Landman
Santie Landman
Sep 06, 2020

Sit vanaand vas voor daai tv.

Like

dslabbert1
Sep 05, 2020

Dat jy van die kleinste dingetjie n storie kan maak is vir my net te wonderlik!

Like
Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2020 by Wendy Anthonie. Proudly created with Wix.com

bottom of page