top of page
Search

MEERVOUD: EPISODE SES

Writer's picture: WendyWendy

(Nie vir sensitiewe lesers nie!)


Die telefoon se gehoorstuk voel soos 'n stuk lood in sy hand. Dr. Mkhize plaas dit versigtig terug op die mik. Hy is verslae.

Die afgelope paar weke was 'n warboel van bedrywighede. Hy was besig om sy kantoor by die universiteit te ontruim en om die admin rondom sy aftrede te finaliseer. Die eerste trimester is lank reeds verby. Hy voel sleg omdat hy vir Daniël afgeskeep het en lanklaas voelers uitgesteek het na Johan. En nou dít!

Volgens Pieter Huysman van die prokureursfirma, Huysman en Vennote het 'n weghol koedoe in die ligkring van Johan se bakkie gespring. Hulle was oppad huistoe na 'n aandjie uit. Johan het beheer verloor. Die bakkie het gerol. Hy én sy vrou het dit nie gemaak nie.

"Mnr. Olivier het jou aangedui as die persoon om te kontak - sou enigiets eendag met hom gebeur. Hy het lank voor sy troue sy testament by ons kom afhandel. Ek pos vir jou 'n afskrif hiervan" het Pieter oor die foon gesê.

Zolani kon steeds nie fisies by Daniël uitkom nie. Hy moes vir oulaas die universiteit by een of ander oorsese konferensie gaan verteenwoordig. Hy het na Antie Girlie se huis gebel. "Dêniel! Hie's phone call!" het sy oor die vibrocrete na Daniël geroep. "Ek dink dis daai swart tjommie van djou ma!" het sy gesê.

"Hi, Daniël! I have bad news for you. The lawyers in Kroonstad had no way of informing you, so they contacted me. I'm afraid your dad died in a vehicle accident a day ago! I am so sorry Daniël. I am leaving for Washington in a few days, but I will pop in, soon! Go well!"

Antie Gertie het gehoor hoe hard en vinnig Daniël begin asemhaal het - amper soos 'n perd wat snork! "Whatever!" is al wat hy gesê het. Hy het die gehoorstuk hard neergeplak en uitgestorm sonder groet.

"Ag, Jirre! Wie êwwer, krap nou wee' waa' dittie jiek'ie!" Antie Girlie ken die tekens. Sy weet wanneer die spreekwoordelike swart hond sy intrek by Daniël neem. Sy was reg. Die balskop en straatkrieket het gestop. Die seuns het middae geroep:"Meneer! Meneer! Die game gat begin!" Maar meneer Olivier se deur en vensters was bottoe.

Die Kaapse winter het ingeskop. Alles was nat en triestig. Die straat was stil. Antie Girlie het een dag bekommerd aan die voordeur gaan klop. Daniël het haar snaaks aangekyk - so asof hy haar nie herken nie. Sy het agteruit getreë en amper op die nat stoepie gegly toe Daniël praat. "Awe masekind! Who do we have here? Another busy body!?"

In die weghol het Antie Girlie Daniël se regte stem gehoor:"Dis Antie Girlie, Kevin! Los haar uit! Los my uit!"

"My hart!" het sy vir haar man geskree. Gee bietjie syke'wate'!" Sy't vertel hoe vuil Daniël was en hoe gekoek die vaal, blonde krulle op sy kop was.

31 Mei 2017.

Zolani was pas terug in Suid-Afrika. Jeudag was opkoms. Die universiteit het hom genooi om nog vir oulaas as gasspreker op te tree. Die tema van Jeugdag 2017 was: "The year of OR Tambo: Advancing Youth Economic Empowerment."

Hy is die volgende dag na sy kantoor om sy laaste goedjies asook verdwaalde pos te kry. "This envelope arrived a week ago, Doctor! I signed for it." Die personeellid by ontvangs het die groot, bruin koevert oorhandig.

Sy hart het bollemakiesie geslaan. Hy was verheug oor die inhoud van die koevert. "I am going to make a big thing of this! It's Daniël's birthday on the 16th. We'll have a double celebration!" Zolani het met homself gepraat.

Antie Girlie het ook Daniël se verjaarsdag onthou. Haar telefoon het vroegoggend gelui. Dr. Shirley Van der Linde het 'n boodskap vir Daniël gelos. Hy moes nêrens heen beweeg nie, want sy wil kom inloer. Antie Girlie kon nie uitmaak of die hensoptrek in sy oë van skok of blydskap was nie.

Die kolwyntjies wat dig teenmekaar gepak was in die leë bierboks, was mooi versier. Met sy hande agter sy rug het Daniël dankie gesê en haar gevra om dit op die koffietafel neer te sit.

Dr. Van der Linde het laatmiddag voor die deur gestop. "Hallooooo, Daniël!" het sy die sleutelgat geroep. Die deur het oopgeswaai. "Happy birthday Daniël!" Sy het begin sing. 'n Glimlag het oor Daniël se gesig gespoel.

Shirley het die koekies bekyk. Die blou versiersuiker was onnet, so asof 'n kind met sy vinger daaraan gepeuter het. Aan die vetterige olie sirkels op die karton kon Shirley sien dat daar reeds 'n hele paar koekies weg was uit die boks.

"Sjoe, die koekies is heerlik!" en sy druk die derde kolwyntjie in haar mond. "Bring asseblief vir my 'n glas water en dan kom sit jy 'n bietjie hier by my!" sê Shirley terwyl sy begin kug-kug en oor haar keel vryf.

Daniël het die heeltyd woordeloos en regop gestaan met sy hande agter sy rug. Toe hy omdraai om die water te kry het Shirley die lappe om albei sy hande opgemerk. "Wat op aarde makeer jou hande, Daniël?"

Klein Daniël:"Dis mammie, Dokter! Sy het gisteraand my hande op die warm stoofplaat gebrand! Sjoe, sjoe!! Eina mammie, eina! Blou koekies is lekker, mammie!" Daniel begin prop sy mond vol van die koek. Oral is krummels. Hy lyk grillerig met die blou versiersuiker wat om sy mond plak. Shirley is buite weste van skok toe sy weer Kevin se stem hoor.

Kevin skree:"Is djy befok! Die koekies was virrie tief wat soe bizz is!"

Daniël raak beserk en lag uit sy keel. Hy mompel wiskundige terme."E = mc2! The speed of light within a vacuum is the same no matter the speed at which an object travels! The square of the hypotenuse is equal to the sum of the square of the two other sides..! Ek is slimmer as jy, Kevin!"

Klein Daniël: "Blou koekies, mammie!. Eina mammie!"

Kevin: "Sy gat ôs wee' t'rug vat na daai plek innie Tokai! Spoeg yt, djou moffie! Spoeg die goed yt! Is djy befok, huh? Is djy nou rerag befok!"

Kevin se geskel word al sagter. Shirley sien hoe Daniël neersyg teen die grond.

"Wat gaan aan Daniël? Ek voel snaaks!" Sy voel hoe haar keel toetrek en besef opeens wat aangaan. Met groot inspanning kry sy dit reg om Eikenhout te skakel. Die foon het uit haar hand geglip.

Zolani en die ambulans van Eikenhout kom stop saam-saam voor die huis. Hy spring vervaard uit sy motor. Dr. Van der Linde lê leweloos op die sofa. Daniël lê opgekrul in 'n fetale posisie op die grond. Die paramedici haas hulle na Dr. Shirley. "We have a pulse", skree hulle. Daniël lewe ook nog. Zolani merk die skuim in die binnehoeke van sy mond. Hy glip kombuis toe vir water.

Sy oog vang die omgeslane houer met insektegif - dit lê soos meel op die vloer. Dis duidelik dat albei van die gif ingekry het. Hy buk oor Daniël wat hom nader wink.

Klein Daniël:"Ekkie mee' lonely nie, mammie! Johan Olivier! Whites only, darling! Blame it on Apartheid! E = mc2!"

Op 16 Junie 2017, op sy 41ste verjaarsdag aanskou Ant Girlie Solomons en Dr. Zolani Mkhize hoe Dr. Daniël Olivier sy greep op die lewe verloor.

In die vergeelde koevert wat Ant Girlie vir Zolani gegee het, het Daniël versoek dat hy veras word. "Die envelope lê al blou lank op sy desk, Dr. Hy wou nie hê ek moes daaraan vattie!"

Die twee getuies van Daniël se handgeskrewe testament was lede van sy oupa se kerk. Die datum was 2016 - n week na sy ontslag uit Eikenhout.

"Zolani ek is baie moeg. Die stemme in my kop word àl erger en àl harder...." het hy geskryf.

Shirley Van der Linde en Zolani Mkhize was die enigste twee persone in die kapel by die Maitlandse krematorium

"What a waste of brilliance!"

"Yes, I so loved the soft spoken Daniël, but he just could not handle the voices in his head. His alter ego, Kevin, the gangster was the person he really wanted to be - gutsy and somebody who could stand up against the abusive Doreen." Shirley Van der Linde het 'n traan weggevee.

Op sy rusbank onder 'n kniekombers teen die Kaapse winterkoue het Zolani die aand na die twee koeverte gestaar. Hoe snaaks is die kosmos nie somtyds nie, het hy gedink.

Daniël het àl sy besittings en alles wat in sy naam geregistreer was aan hom bemaak. Die kamer vol Wiskunde teksboeke is geskenk aan Arcadia Hoërskool in Bonteheuwel. Bonteheuwellaan 25 moes op Antie Girlie Solomons se naam oorgedra word - sy tweede ma en iemand wat vir hom lief was, ongeag.

Die letters van die skrywe in die ander koevert het in sy trane begin swem. Zolani het ten hemele geskree.

"Teen die agtergrond van die feit dat Daniël Olivier (Gebore: 16/676), biologiese seun van Johan Olivier die enigste Olivier nasaat van Daniël Olivier (Snr) is, word die plaas Oliviershoop - Kroonstad, outomaties aan eersgenoemde oorgedra. Ingeslote hiermee die oorspronklike transportakte van die plaas soos genoem."

Dr. Zolani Mkhize word die eerste swart plaasboer in die buitewyke van Kroonstad waar hy suksesvol met droëlandaartappels begin boer het.

Hy het gereeld na die Weskaap gereis vanwaar hy die Oliviertrust vir Wiskunde studente bedryf het.

Antie Girlie het Bonteheuwellaan 25 vir haar groeiende catering besigheid gebruik.

Dis net die rye en rye klein, swart miere wat gepla het, veral in die besemkas.


EINDE.




23 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2020 by Wendy Anthonie. Proudly created with Wix.com

bottom of page