top of page
Search

MEERVOUD: EPISODE DRIE

Writer's picture: WendyWendy

(Nie vir sensitiewe lesers)

"Check hie'sa ouens. Ek't gisteraand 'n pakkie van dêrra se Camels gejêp! Vat 'n puff, Dêniel!""


"Huh? Nee, dankie!" Daniël klap sy handboek toe waar hy met sy rug teen die sonkant van die skoolmuur by Cedar Primêre Skool sit. Die skoolklok het vergete al gelui. Hy wag smiddae vir sy pelle sodat hulle in 'n groep huistoe kan stap. Die strate in Bonteheuwel is onveilig.

"Jislaaik, Dêniel, djy's darem 'n nerd! Daai boeke van djou gat djou nog befok maak! Anyway, kô's line!"

Klein Daniël wou ook smiddae saam met sy maats bal skop in die straat, met draadkarre speel, blikke met klippe omgooi en skelm rook, maar hy was met onsigbare kettings aan die tuinhekkie van Bonteheuwellaan 25 vasgebind. Hy kon net die straatpret aanskou.

"Djy gat innie hel brand as djy djou ophou met daai klomp!" het sy oupa gewaarsku. Wanneer hy die dag oortree het, het sy ma hom in die besemkas geprop en vir ure daar laat sit. "Ek gattie 'n gangster groot maak'ie, hoor djy my! En ek wil oekie hê die gattas moet eendag hie' kô klop oor djy sat lê oppie vlakkie nie!"

Daniël was nege weke oud op 25 Augustus 1976 toe sy ma, gedryf deur nuuskierigheid by die groot groep inwoners voor die hek van Arcadia Senior Sekondêr aangesluit het. Na die oproerigheid in Soweto was die land, ook Bonteheuwel steeds vol spanning. Die polisie het op die groep begin vuur om hulle uiteen te dryf. Doreen het plat geval in die klam gras en die huilende Daniël se mond met haar hand probeer stilmaak.

'n Entjie van haar af het 'n skoolseun gelê. 'n Skoot het sy agterkop getref. Bloed en stukkies breinweefsel het op sy skoolbaadjie begin versamel. Daar was 'n skokstilte van 'n paar sekondes en toe bars die hel los. Die gillende ma's en huilende leerlinge was tè veel vir Doreen. Sy het begin hardloop met die kleine Daniël wat soos 'n teddiebeer onder haar arm vasgeknyp was

Ouma Margie het altyd die kas oopgeruk en dan het Daniël letterlik soos 'n vrot lap uitgeval met sy krulhare teen sy voorkop vasgesweet - sy arms en bene rooi gebyt van die swart miere wat hul tuiste in die kas en oral in die huis gemaak het. Hy was 'n langbeen seun. Op die ouderdom van twaalf kon hy nie meer in die kas pas nie!

Daar was immer 'n boks insektegif in die besemkas. Wanneer sy ouma dit die dag soos versiersuiker uitgestrooi het, het hy op sy knieë gesak en hom verlustig in die skielike dood van die kokkerotte en die miere wat soos soldate in rye en rye deur die vertrekke marsjeer het! Hy't gegil van lekkerte wanneer die goggas ineentrek en sterf!

Die verpleër se mond hang oop. Daniël praat in die rigting van die oorvol lessenaar en beduie met sy voorvinger. Sy houding en stem is onbekend aan Denver Isaacs.

"Kyk na die tief! Alwee' biesag om in sy A4-notepad te skryf - klompie kak oor Chemie, Fisika, en allerhande anne' shit! Hie's next to fokkol space in diè plek, ma' sit, sit hy heeldag! Guh, Bonteheuwel se slimmetjie wat nou 'n malletjie is!"

"Pure Einstein! Jip, djy's brilliant nes Alfred, ma' in essence is djou siel gefok! Ek dink àl daai marvelous breinselle is biesag om djou heeltemal op te fok. Wait, wait! Daar's tog 'n difference. Ou Alfred Einstein was die wêreld se slimste en oudste man met 'n vollene stel hare. Djy, Dêniel Oliver is op forty reeds bles - how pathetic. Hoeeeee... I want to live!"

Daniël tol in die rondte. Hy stop skielik, slaan teen sy kop en sê:"Hou op Kevin! Hou op! Blame it on Apartheid!"


Met albei sy hande vryf Daniël nou kruis en dwars oor sy kaal kop. "Eina, mammie, eina! Hoekom skeer mammie elke keer my hare af! My maats sê ek's 'n kaalgatperske!"


Doreen se stem beur deur. Daniël se hande is op sy heupe. "Sit stil, jou dôner! Djou fokken pa het als kom opneuk. Djou hare is difficult, man! Ek hettie tyd vir goldilocks' ie en ek hettie tyd vir 'n halfnaatjie se gemoan nie. Sit, of ek trek weer djou....!"


Daniël knyp sy bene soos 'n klein seuntjie toe en val op die bed neer. Verpleër Isaacs kan sien hy's uitgeput. Hy skuif die luik versigtig toe.


Die inwoners van Bonteheuwellaan het van meet af gefluister oor Doreen Jacobs en haar seuntjie. Klein Daniël het ewig 'n letsel of kneusplek gehad. Op hoërskool kon hy die rooi hale oor sy bene en arms bedek onder sy lang broeke en skooltruie - die blou oogbanke agter sonbrille verskans.

Peter en Margie Jacobs, teenoor wie die bure altyd gekla het, was weg. Hulle het kort na mekaar gesterf toe Daniël met hoërskool begin


Doreen het haar seun gruwelik mishandel. Haar politieke aktivisme toe hy klein was, het haar vir dae van die huis af weggehou. Wanneer sy emosioneel uitgemergel tuisgekom het, het sy haar ellende en hartseer oor haar lewe en verkeerde keuses op haar kind uitgehaal. Sy't 'n los lewe begin ly. Sy't soggens teen die voordag tuisgekom met handevol geldnote in haar skouersak. Hieroor èn oor die kneusplekke aan lyf, het die jong Daniël geswyg anders moes hy, soos altyd hoor. "Dis om vi' djou vriete te koep! Father krismis het mos van djou ve' giet!"


Doreen het rustig begin raak toe Daniël universiteit toe is. Sy het met haar gesondheid begin sukkel. Sy is met Emfiseem gediagnoseer. Daniël moes na sy ma omsien. Sy kon slegs met moeite beweeg òf praat.


Met die hulp van Zolani Mkhize èn sy skranderheid was die nodige studiebeurse in plek vir Daniël. Zolani was nog in kontak met Johan Olivier en kon brokkies nuus vir Doreen aandra. Hy het een of twee keer 'n koevert met geld vir Doreen gebring - geld wat Johan inbetaal het.


Na groot Daniël Olivier se dood moes Johan die plaasbedrywighede oorneem. Hy het getrou, maar daar was geen kinders nie.


Sy oorlede oupa se kerkmense het Daniël gehelp om 'n begrafnis vir sy ma te reël.


Terwyl die begrafnisondernemer besig was om die skroewe vas te draai het Daniël hom skielik gestop en die deksel van die goedkoop kis afgeskuif...


(Word vervolg)




21 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2020 by Wendy Anthonie. Proudly created with Wix.com

bottom of page