Ons land sink.
My dorp stink.
Covid-19 is besig om in ons nekke te blaas, maar jy kerm en kla oor die nuwe Avatar-gier!
Vir èèn keer is 'n groot persentatie landsburgers en Facebook gebruikers op dieselfde positiewe bladen.
Vir èèn keer verskaf iets soos 'n onskuldige prentjie vreugde aan 'n groot klomp van ons.
Party Avatars lyk kompleet soos hul "base", die ander slaan die bal ver mis, soos tè veel of tè min hare, ensovoorts. So what?
Ek kon sommer 'n hele klomp sentimeters van my "inborste" en my heupe aftrek.
'n Avatar is 'n grafiese voorstelling van die karakter of persona van iemand. So, my Avatar is presies wat ek wil wees en hoe ek wil lyk!
Ek wens daar was 'n app wat houdings en moerige, donker siele kan omtower in helder kleure vól lag!
'n Aura is die onsigbare energieveld wat elke lewende wese omring. Die kleur van jou aura gee 'n insig van wie en wat jy is en van hoe jy op 'n gegewe oomblik voel. Auras is nie altyd sigaar met die naakte oog nie, maar jy kan dit voel. Daai warmte wat iemand uitstraal óf die negatiewe energie wat jy beleef sonder dat die volgende persoon enigiets së.
Hoe dit ookal sy.
Ek hou van my nuwe kunstige look. Net jammer die jurk kan nie vloekrooi wees nie.
Vloek soos in voetsêk jy met jou piks
![](https://static.wixstatic.com/media/4ee4f0cda8a96c448017391e8812d9b9.jpg/v1/fill/w_980,h_384,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/4ee4f0cda8a96c448017391e8812d9b9.jpg)
wart aura!
Sela.
Comments