top of page
Search

Om hoog te wees (17/8/20)

Writer's picture: WendyWendy


Indien dit seepglad met jou gaan, beter jy jou pols laat neem, want die lewe en beweging gaan gepaard met weerstand. Enige watermassa sonder die normale eb en vloed gaan stil staan en later stink!


Ek het onlangs aan die figuurlike hoog- en laag van my eie lewe gedink toe ek kaste reggepak het. Ek het na die rye en rye hoë hakskoene gestaar. Hoe ek annerdag op hierdie sky scrapers kon balanseer is 'n vraag wat net die wyse Salomo kan antwoord. Met 1000 Evas onder sy dak het hy vroumense en hul psige goed verstaan.


Ek is maar 'n baksteen en 'n tiekie hoog. Mammie het altyd getroost en geadviseer: "Heels give you a lift!" Ek het vroeg-vroeg met hierdie waarheid kennis gemaak toe ek met wankelrige treë in al mammie se reënboogkleur hakskoene rond geparadeer het.


My eerste paar skoene met 'n hakkie was 'n Kitten Heel genoeg. Ek was spoggerig. Dit was ten minste hoër as my skoolskoene. Oor die kleur kon ek nie self besluit nie. My aanneming in die kerk was opkomt en mammie het besluit dit moet wit wees. Wanneer ek afwaarts gekyk het, het elke voet soos 'n skip gelyk. Ek was 12 jaar oud.


Stiletto's het weliswaar my lewe verhelder en opgelig tot 'n aantrelike en glamorous sesvoet! Of sò het dit vir my gevoel. Deesdae wil ek enter nie meer hoog wees nie. Die euforiese gevoel was annerdag onbeskryflik. Ek kon almal in die oë en nie teen hulle naeltjes vaskyk nie. Die wëreld het mooi gelyk van daar bo af. Ek het goed en belangrik gevoel.


Met hakke hoër as 'n duim waag ek dit nêrens meer nie. My lyf sal op 'n hele paar plekke noodbehandeling moet kry.


Deesdae kry ek hoogtevrees deur net na hulle te kyk. Ek het probeer, maar die oorkruisbandjies van een paar het gevoel of dit my bloedtoevoer afsny. Ek kry my voetjes jammer vir dit wat ek hulle annerdag aangedoen het.


Ek loer na my nuwe voetegoed. Dis pannenkoekplat. Wanneer ek koop dra ek sorg dat die letter, C voorkeur kry: Cushioned, Comfort, ensovoorts. Ek soek rond vir woorde soos Soft, Cross en Crocs. Van die estetika is daar geen sprake meer nie. Amper iets soos hoe leliker hoe lekkerder!


Totsiens hoogheid. Ek wil nou net hoog wees van die liefde. Kleindochter slof gereeld in hulle rond wanneer sy kom kuier. Sy weet. Sodra die natuur haar opgradeer na 'n nommer vyf, kan sy maar kom inpak.


Ek lewe nou nader aan die aarde en geniet my nuutgevonde laagheid.


So 'n lekker plat-op-die-aarde gevoel!








14 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2020 by Wendy Anthonie. Proudly created with Wix.com

bottom of page