Ons is toegegrendel, tog is daar geen slot of sleutel of selmuur
Ons proe rus en vrede en stilte;
Vrede, oor mense met donker auras wat tuis bly -
Stilte, want voetval en enjinbrul is min
Die agteraf mens het nog altyd agter 'n figuurlike masker geskuil
Nou dra hy twee
Daar's 'n oproep dat die president moet afklim
Wyl Covid-getalle steeds opper klim
Ons is 1dag weg vanaf die nuwe Lente, maar steeds staan ons bakhand voor kaggels wat vlamrooi skroei
My tuin staan in die bloei met plantknoppies wat teen die koue stoei en ander wat bloeisels soos rooi tamaties stoot
Biljoene rande is weg, maar die hele land dans Jerusalema
2020 is dalk nie die partytjie wat ons gedink het dit gaan wees nie, maar ons is nou hier, so ons kan maar net sowel dans!
Ons dorp kry vanjaar sommer 'n hele paar verrassings: 'n vol dam, skottels hael èn handevol sneeu
Dis nog koud en ons kommer dalk oor môre
Hou goeie moed - al lê die sneeu dik op die dak, solank die hartskaggel warm brand
Welkom in die Lente van 2020!
Comments