top of page
Search

HE ALWAYS STRUCK A CHORD! (3/2/20)

Writer's picture: WendyWendy

Vandag het 'n groot gees in die dorp se musiek- en vermaaklikheidsbedryf sy laaste akkoord gespeel.


My kop draai en dis swaar om al die vrae te onderdruk. Middel Januarie vanjaar het ons gepraat oor die rol wat hy in my lewe gespeel het tot dusver. Hy sou op 4 April my spesiale gas wees tydens ons teaterproduksie, Genade 11 waarin die koorleier in die storie sy naam dra. Ons het ook gesels oor sy deelname in die groot musiek makietie wat ek vir Juniemaand beplan het. Maar Covid-19 het anders besluit.

Hy sou my begelei met die liedjie, Tommy waarmee ek 'n musiekkompetisie op 15jarige ouderdom in die gemeenskapssaal gewen het. Hy was 28jaar oud! Ek onthou hoe hy my tot perfeksie gedril het in die private lounge van die Karoo Hotel op 'n Sondagmiddag. Sy F-sharp en G-Minor-geselsies was vir my soos Wiskunde - ek het niks verstaan nie! Al wat ek tot vandag toe onthou is dat hy gesê het my sangnoot is 'n C!

Alec Bowers het musikale kort- en ompaadjies gehaat. Sy studente het geweet jy moet èlke noot druk. Hy het dit sò gedoen en daarmee altyd sy rooi- en wit lead guitar laat praat!

Waarom hy jongtyd 'n kofia gedra het en sy bynaam Ghoelam was, weet ek nie. Oor sekere goed kon ons as kinders nie baie uitvra nie. Hy was een van die stigterslede van die destydse Inventors musiekgroep. Ek voel uitborsvernaam omdat ek met hul musiek kennis gemaak het, daarop gedans het en dat ek hom persoonlik geken het!

Tydens die produksie, Rosa het ek my hart uitgesing met die liedjie, Tafelberg. Ek was nie bang vir skeef of mistrap nie, want die musiek maestro het by my ingehaak! Hoe ironies is die eerste reël van hierdie einste liedjie nie vandag nie: "Daar is 'n traan in my oog wat die verlange verhoog.."

Gaan hy nou as engel, die harp, een van die moeilikste snaarinstrumente daar bo begin speel? Ek dink so, want hy kon magic maak met elke snaarinstrument.

Sy gunstelingliedjies as solo-kunstenaar was Only You en The Great Pretender van die Platters sanggroep. As talentvolle musikant en sanger was Alec geen pretender. Hy was die ware, oorspronklike hy!

Ek weet ons gaan mekaar weer raakloop in die nuwe Jerusalem. Ek sal vra dat hy weer vir Only You moet sing. Miskien sal die liedjie 'n ander inslag hê met 'n harp. Wanneer hy sy vingers oor die eerste noot trek sal hy dalk weer praat van F's en G's.

Ek sal ek hom gou-gou daaraan herinner dat ek maar net 'n gewone C is!

"Only you can make all this world seem right

Only you can make the darkness bright

Only you and you alone can thrill me like you do

And fill my heart with love for only you..."


Hy sal daai gewilde oh, oh..... only you-ding doen en die Hemelse gehoor sal 'n staande ovasie gee!

Jou onthou lê gegraveer in my grysstof

Onuitwisbaar soos Tonic Solfa-note

op papier

Die silwer van jou klankstokkie flets blink

in die donker steë van my hartseer

'n Stukkie metaal waarmee jy met kore

en gehore kon toor

Ek gaan my oë sluit

Wie weet, dalk sal ek jou laaste akkoorde

op die wieke van die wind hoor






93 views1 comment

Recent Posts

See All

1件のコメント


Santie Landman
Santie Landman
2020年9月06日

💖

いいね!
Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2020 by Wendy Anthonie. Proudly created with Wix.com

bottom of page