top of page
Search

En so begin my nuwe avontuur... (9/8/20)

Writer's picture: WendyWendy

As vrees in geld omskep kon word sou ek op hierdie oomblik as een van Suid-Afrika se nuwe rykes bestempel word. Ek was nog altyd tegnologies gestrem en wou nog altyd maar net 'n gewone epos of whatsapp-boodskap stuur.


Vandag begin ek met 'n splinternuwe avontuur – boordensvol onsekerheid en duiselingwekkend. Bergklimmers moet seker so voel wanneer hulle die piek van hul berg bereik het. Die tog na bo was dalk besaai met los klippers en steil rotse. Dalk het hul suurstoftenke leeggeraak of dalk het hipotermie ingeskop. Maar die oomblik toe die vlaggie begin wapper en die skoonheid van die uitsig jou met trots omlouer weet jy: somtyds moet 'n mens die struikelblokke op jou pad boontoe omskep in boustene.


Ek nooi julle om saam met my te kom stap – saam te kom lees, en saam na die stories van my hart te luister!


Tot 'n volgende keer.




17 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

©2020 by Wendy Anthonie. Proudly created with Wix.com

bottom of page