Die koeël uit Otto Jüttner se pistool het Marcus in die regterbors getref - 'n handbreedte onder sy sleutelbeen.
Hy kon vaagweg sien hoe die Lugerpistool uit Otto se hand glip en hoe hy snorkend na asem hyg. En toe doof alles om hom uit.
Marcus se oë spring oop. Hy lê op sy rug. Die spierwit dak staar na hom. "Is ek in die Hemel?"
Hy weet nie waar hy is nie. Die pyn in sy bors ruk hom tot die hede. Dan onthou hy.
"Otto! Die vuurwapen. Die skoot! Die swaelreuk!"
Die oorgewig offisier sit-lê in sy stoel. Rigor Mortis het al vergete ingetree. "Dan lê ek al lank hier," dink Marcus in sy gestoei om regop te kom.
"Maar die skoot..." Hy bevoel homself en sien die geskroeide gat in sy uniform.
Met 'n mengsel van skok, blydskap en ongeloof besef hy: Otto se koeël het sy sakhorlosie getref. Ashur Schmull het sy seun se lewe gered. Die sakhorlosie was 'n geskenk - iets wat Marcus altyd op hom gedra het. 'n Rou kreet het uit Marcus se mond geglip. "Dankie, pappa, dankie!"
Auschwitz konsentrasiekamp is op 27 Januarie 1945 bereik. Die Geallieerde troepe kon nie glo wat hulle sien nie. Daar was slegs 'n handjievol prisoniere in die vlooibedekte wooneenhede. Van die uitgeteerde volwassenes het 'n skamele 25kg geweeg - die gesonde gewig van 'n 4jarige!
Gedurende Maart is Pole binnegeval.
Hitler was in die tussentyd reeds omsingel en het op 30 April 1945 selfmoord gepleeg saam met sy vriendin, Eva Braun.
Op daardie dag, iewers in Maart 1945 het die windklingel by Rosefield Watches se voordeur opgeklink. Marcus en Hildegardt het styf teen mekaar gesit op die verslete matras en geluister na die malse simfonie van die klingel.
"Anybody here? Is anybody here? We are American soldiers, don't fear!!"
Hildegardt het uitbundig begin skree:"Daar's 'n luik onder die tafel...onder die mat! Ons is hier onder!!!"
En toe gaan die luik oop. Die vriendelike gesig van Sergeant Blain, en die sonskyn wat deur elke krakie en skeurtjie deurgebeur het sou vir ewig in die Schmull-kinders se grysstof afgeëts wees!
Maar dit was die wit lig wat getref het - wat alles omswagtel het. Die donkerte was weg - weg uit die beknopte kelder, weg uit Rosefield, maar bowenal weg uit hul harte.
Hildegardt en Marcus se pad het lig geword.
Blain het sy hand uitgesteek en vir Hildegardt uitgehelp. Sedert die dag van St.John'straat se anneksasie deur die oorlamse Schutzstaffel, staan die groen deur van Rosefield Watches weer wawyd oop!
Hildegartd het kaalvoet begin hardloop in die rigting van hul huis verder af in die straat - verby die bosse waaragter sy menigmaal moes wegkruip en wag op die donkerte en verby die Vespa-kroeg wat ewe skielik verlate en stil daaruit gesien het!
Marcus het een middag huistoe gehardloop met die koerant. Die hoofopskrif: " The war in Europe is over- 8 May 1945!"
Hildegardt het die aand tafel gedek met 'n handvol van haar ma, Elsa se geliefde Lily of the valley-blomme! Hulle het glasies vol Suurlemoenstroop geskink en 'n heildronk ingestel.
"Prost!" het Marcus geskree. Hildegardt het hom skeef aangekyk en begin lag. Saam-saam het hulle L'Chaim(op die lewe) geskree!
Marcus het sy uniform en pistool oorhandig en homself oorgegee aan die Allied Court in 1946. Die hof was simpatiek en hy is begenadig.
Sy gewete sou hom egter vir die res van sy dae van binne af opvreet. Hy't as briljante sjirurg gekwalifiseer aan die Universiteit van Warskou en sy lewe daaraan toegewy om vroue te help, en wel terwille van sy ma se nagedagte.
Hy sou Josef Mengele graag met sy kaal hande wou vermoor, maar die Doodsengel het ontvlug en vir 34jr na die oorlog in Suid-Amerika geskuil. Josef Mengele sterf gedurende 1979 onder 'n skuilnaam.
Hildegardt het in die huis aangebly. Sy het getrou en Rosefield Watches omskep in 'n ateljee met die naam, Rosefield Dance Academy.
Wanneer Marcus kom kuier het, het hy graag sy pa se wyshede met Hildegardt se kinders gedeel - hoe jy altyd die lig bo die donkerte moet kies!
Met Kaneeltee agter in ma Elsa se tuin het broer en suster gereeld gepraat oor hul pa se laaste woorde aan hulle:"Ek sal altyd na julle kyk - 'n belofte wat hy weliswaar gestand gedoen het!
Die Smaragring was baie geld werd en hulle kon geldelik op 'n positiewe noot oor begin. Oor die sakhorlosie wat Otto Jüttner se koeël gekeer het, sou daar altyd 'n vraagteken hang.
Hildegart is nà Marcus op 74jaar oorlede, maar nie voordat sy een middag die perfekte pirouette in die straat voor haar dansskool uitgevoer het nie.
Almal het haar applousseer. Sy was 'n prentjie in haar bottergeel rok en swart chignon.
Aan haar voete was haar ma Elsa se 60jr-oue skoene.
Bloedrooi en blink.
Einde
Comments