My ma sou vandag haar 91ste verjaarsdag gevier het. Ek mis haar elke dag via so baie redes.
Sy was my klankbord, my ekstra kombers wanneer die lewe koud was, my skindermaatjie en die eerste persoon met wie ek 'n het-djy-gehoor stukkie nuus gedeel het.
Oom Klonkies, een van die dorp se flambojante karakters is vandaag oorlede. Mammie sou knap na die aanhoor van die skoknuus die pad vat om uit te vind wie dit is, want sy sou hom nie ken die. So het sy baie mense nie geken nie.
En wanneer sy tuisgekom het, het sy meer inligting as die FBI gehad oor die betrokkene - hoe oud hy/sy was, wat die oorsaak van die dood was en hoe laat die laatste asem uitgeblaas is.
Maar dis veral op koeskoue-dae dat ek my ma en haar befaamde melksnysels mis Die begogeling wanneer ons middae na skool die agterdeur opgestoot het. Die reuk van vars melk, kaneelsuiker en haar liefde het swaar gehang.
Comentários