![](https://static.wixstatic.com/media/16da16801cfb4607a32ca32aa8bd398c.jpg/v1/fill/w_980,h_632,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/16da16801cfb4607a32ca32aa8bd398c.jpg)
Toe die uitnodiging kom was ek so opgewonde soos ’n donkie wat ’n oop plaashek sien!
Vir die afgelope vyf maande van inperking was dit vandag maar my 5de dag buite my huis en in die publiek - my eerste dag met lipstffie, parfuum, berooide naels, regte skoene èn ’n handsak. Die standaard uniform tot dusver was my sloffies en kamerjas.
Ek het gewonder of die gasheer bewus is daarvan dat ek ’n groterige tannie met 'n onderliggende skeet is. Ons weet mos hoe verlief Covid-19 op ons hoërisiko-gevalle is. Maar die meneer het my dadelik gerus gestel:”Protokol sal handhaaf word, mevrou, u het geen rede tot kommer!”
Die opdrag: Kom motiveer, inspireer en bedank ons Frontline Healthcare Workers, en wel teen die agtergrond van Vrouedag 2020 (wat nodeloos om te sê, vandag reeds 5dae gelede landwyd gevier is.
Hmmm… Vrouedag…! Ek was nog nooit ’n voorstaander van Vrouedag of enige ander DAG nie! Natuurlik is dit goed om hulde te bring aan helde van weleer - om sekere dae te vier, maar om vasgevang te word hierin stem my hartseer. Terwyl ons almal byvoorbeeld nou wag op Kersdag, ’n verjaarsdag later vanjaar òf Vrouedag 2021, stu die lewe voort, want die kosmos gaan nie stop tot dan die.
Ek is tans in ’n geveg met tyd om my onthou-boek klaar te skryf. My versugting na ’n vinniger komper vir my Desember-verjaarsdaggeskenk het die regte ore bereik. My splinternuwe MacBook Air is ’n week gelede afgelewer. Die kaartje het gelees: "Make it happen!" My hart klop tjoklits. Die toetse is so lig soos lug! Die afsender moet ’n skouerklop kry. Tomorrow is promised to nobody. Desember lê nog wyd!
Ek het toe my ding gaan doen en die verpleeglui van die dorp bedank vir hul grootse rol as voorvegters tydens gewone krisisse en veral hierdie pandemie. Covid het ons almal negatief geïmpakteer, maar soveel positieve dinge is uit hierdie grendeltyd gebore:
Ons spandeer meer tyd met en aan mekaar;
My hare is die mooiste ooit. Dit relax, want in vyf maande was daar nog die ’n teelepel vol Relaxer naby my kopvel nie;
Waardeer die klein dingetjies en kyk na jouself meer as ooit. ’n Motorenjin sonder petrol gaan bearings slaan. Doen dit wat jou hart laat sing, NOU!. Koop prawns as jy kan, anders as om te wag dat Ocean Basket eendag sy deur weer opgooi. En koop daai rooi rok!
Vier jouself heeljaar - vier mekaar heeljaar! Moenie wag vir ’n spesiale DAG die!
Nothing is permanent in this wicked world - not even your problems. Die pandemie moèt eindig. No winter lasts forever and no spring skips its turn.
Oor ’n paar weke is dit 1 September. Die nuwe seisoen sal weer die veld in kleur laat lag.
En as jy gehoorsaam was en daai rooi ietsie gekoop het, kan jy saam met die nuwe Lente wat met sy strikdas en harde bolkuil sal kom, sê: Kyk die ou dinge het verby gegaan en met voetstampritme saam sing:
“Hier’s ek weer, hier’s ek weer met my rooi rok voor jou deur….”
More Wendy jy maak My dag🥰🌹❤️💋Daai Rooi Rok en lipstiffie bly Maar Die beste as n mens in vrolike bui is👍🏼😅🥰🌹❤️